As jy van luukshede en gekunstelde elegansie hou, is Surval Boutique Olive Estate net vir jou bedoel. Verlustig jou in die besienswaardighede en klanke van Oudtshoorn vanaf Surval – perfek geleë op die bekende Route 62.
Surval is ʼn voortreflike werkende olyfplaaslandgoed en bied uitstekende akkommodasie en diens.
Surval wil graag ʼn Maroela-leser bederf met ʼn romantiese wegbreek vir twee. Bederf ʼn geliefde met twee nagte in die wittebroodsuite. Aandete, ʼn olyfproe en ontbyt is ingesluit.
Maak seker jy skryf in voor 4 Augustus 2024.
Almal wat vir die kompetisie inskryf, maar nie as wenner aangewys word nie, kwalifiseer boonop vir 25% -afslag op verblyf! Die bespreking moet direk by Surval gemaak word met die woord “Maroela” in die opskrif om hiervoor te kwalifiseer.